Friday, July 3, 2009

Hettie Koekies gebak

Ek, Tieka en die twee seuns het Woensdag lekker Hettie koekies gebak. Hierdie was die eindproduk, maar nie al nie, want sy het haar blik al gevat. Ek het so skuldig gevoel, die twee seuns het by my gekuier en Hanu het toe in die koekblik op twee Hettie-koekies afgekom, dadelik wou hy koffie en koekies he, toe Dian dit sien wou hy ook het en daar was niks, toe besluit ek, ons moet bietjie begin bak.

Ons moes spesiaal vir die seuns vormpies maak, die mannetjie koekies is nie by nie




Tieka het Woensdag besef dat koekies bak nie speletjies is nie.


Al moet ek dit self se ons het baie gebak en dit is nogal lekker, en nou eet al die Harmse's lekker saam




Die twee seuns het ook gehelp
Hanu is hier hard besig met sy pannetjie


Ook Dian is baie besig met sy pannetjie.




1 comment: