Monday, November 23, 2009

Dian Gradeplegtigheid 20 November 2009

Dian, se gradeplegtigheid was by Sulla Via.



Die program vir die aand, die foto op die program is die 5
graad R onderwyseresse.



Hulle het liedjies gesing saam met Francois en Elizabeth Fourie.


Hier wag hy in spanning vir die optrede.



Dian wag in spanning vir hierdie groot geleentheid, om op die verhoog te loop om sy sertifikaat te kry.




Juffrou Antonette, hy het vir haar gese hy wil eendag as hy groot is, graag 'n brandweerman word.





Hy was in die Vissieklas





Dian en Ouma Annetjie.




Hulle het elkeen 'n geskenksakkie gekry, met allerhande lykkernye in.




Dian en Janko Hoffmann, (dit is Jan Sand se kleinkind)







Wednesday, November 18, 2009

Ryno Prysuitdeling -11 November 2009

Ryno die oggend na die prysuitdeling in die tuin, hy was baie in sy noppies met al sy toekennings.


Ryno, die aand voordat ons prysuitdeling toe gegaan het.


Ryno en Ouma Clara




Ryno en Leandra



Ryno en Oupa Daan




Ryno met sy sertifikate - 100% Skoolbesoek, blokfluit, solo sang, optrede saam met Nadine, koor, dans (jive, rambo, cha cha), groep blokfluit saam met Kenmare Laerskool, glad nie lief vir leer nie!!!!!



Ryno saam met sy voog juffrou : Mevr. Melinda van Heerden



Hy bekyk nou eers sy toekennings





Almal het die skool lied op die einde gesing







Tuesday, November 10, 2009

Strydomdag - 7 November 2009

Dit het vreeslik gereën, tot die "trampoline" was onder water.




Louisa en Pietie Roets, Elize Jacobs, die meisie agter is Hanu (van Francois) se vrou. (moet nog die name leer). Hy is Juniemaand met haar getrou en bly in Vryburg.
Die dogters agter is een Louisa se dogter en die ander een Francois se dogter. (Dit is vreeslik, kan nie die name onthou nie)


Die Wentzel familie, terwyl die toespraak gemaak is.


Elize met haar twee kleinkinders, oudste een Tiaan (2 jaar) en Gerrit




Hanu en Erna Strydom




Francois en George wil darem net so bietjie spog met "hulle" banner nadat hulle eers gestry het.




Hier moes Francois net keer, want George wil die banner opsny, niks wetende dat wat se banner dit eintlik is nie. (lekker aan die stry - toe moes hy darem eers vir George wys wat dit werklik is - my eintlik geroep om die foto te kom neem.)




Tannie Clara en Tannie Rina, hulle het so verdwaal en dit het vreeslik gereën - so hulle het nie te lank gekuier nie.




Ouma Hettie




Tannie Margot - sy het 'n boek geskryf en die boek verskyn volgende jaar op die rakke - Titel: My naam is Mara - dit gaan oor die tyd in die konsentrasiekamp en Mara is haar ma se naam.




Oom Faan - hy sê hy mis nooit weer 'n Strydomdag nie, hy het dit vreeslik geniet. (Ons het toe lekker verlang en daar was 'n groot gemis).



Friday, November 6, 2009

Rapport - CD Kinderkersfees

Hierdie is die CD wat Laerskool Randfontein op sing, die groepie in rooi is hulle skool.

Ryno, voor die ingang na Carnival City.





Ryno, in die middel (agter) van die meisie.


Die groep wat opgetree het. Hulle sing die liedjie "First Noël"




Hierdie dogters is almal van die Musiekskool van Lynn Bootha van Randfontein



Ek kan ongelukkig nie onthou van waar is die seuntjie nie, maar hy was die jongste solo sanger












Jong kunstenaar wat ook sy CD vrygestel het - John Perkins






'n Kleuterskool van Vereeniging - ouderdom van drie tot vyf jaar






Hierdie is 'n leerling van Rapportryer. Hierdie CD het omtrent kinders van Randfontein.














Klein Paradys

Ons was die naweek van 30 Oktober tot 1 November saam met Magda en George by Klein Paradys, soos julle kan sien is dit 'n pragtige oord.



Frik de Klerk, hy wys wat ook al gebeur hy is nog steeds 'n WP/Stormer ondersteuner
George het natuurlik gewys dat hy bly 'n Lion


Sondag oggend moes almal 'n piekniek mandjie gepak het, ons het lekker piekniek in die Tuin van Eden gehou.


Die Tuin van Eden is pragtig met soveel plante en spuitfonteine.




Hier het die Blou Bulle omtrent fees gevier, Blou Bulle Bo!!!!!!!
Of wat se ek???




Voor die wedstryd, moes die Cheetas en Blou Bul ondersteuners almal looitjie geneem het, natuurlik was ons darem 'n bietjie Cheetas ook daar.






Saterdag middag het ons lekker gelag vir almal, ons het stomstreke gespeel, Magda, George, Daan en Frik de Klerk was in 'n span. ek en Ryno was die beoordelaars.





Elkeen het hom maar self besig gehou met sy eie ding.
Daan.





Ryno was maar baie eensaam, hy was al kind daar vir die naweek, het gelukkig vir hom goed gevat om hom besig te hou.






Magda het haar mooi gemaak, vir die foto sessie.






Oupa lees koerant.