Wednesday, December 1, 2010

Pieter Verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, hoop die jare wat voorlê gaan vir jou baie goeie, mooi en gesonde jare wees, onthou hulle sê ouderdom is nie vir sussies nie. Geniet die dag, hoop almal bederf jou.



Dian speel Krieket vir Khosa klub in Krugersdorp







Monday, November 29, 2010

Dikhololo

Ons was vir die naweek van 12 tot 15 November saam met Piet en Susan Venter by Dikhololo, hulle seun Johan werk by 'n Krokodilplaas (Le Croc) daar naby, hy het ons so bietjie meer omtrent krokodille geleer, hulle verwerk die velle daar wat hulle uitvoer, vir belde, skoene en handsakke

Ons het na die tyd 'n drankie gaan drink by 'n Restaurant in Harties


Oppad na die uitkykpunt by Dikhololo


Met my verjaarsdag het hulle my uitgeneem vir 'n ete by die oord se Dikdikkie Restaurant







Sonsondergang



Maandagoggend, alweer tyd om huis toe te gaan


Tuesday, September 7, 2010

Annika Verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, hoor jy het al klaar jou partytjie gehad hoop jy het dit geniet, en dat Pappa, Mamma en jou 2 sussies jou baie bederf het, ons gebede vir jou is dat Liewe Jesus jou nog baie lank vir al die familie sal bewaar en nog lank sal spaar.......... Hierdie boodskappie kom van Ouma Hettie, Oom Daan, Tannie Clara, Leandra, Ryno, Barend, Tieka, Dian en 'n spesiale soentjie vir jou vanaf Hanu




Ouma moet asseblief vir ons fotos neem en dit stuur sodat ons kan sien hoe groot het julle geword




Sunday, August 22, 2010

Annamarie 60 Verjaarsdag

Anna-marie , Johan en Willem se dogtertjie en naamgenoot, Anne-marie, voor die ingang van die Gem Village in Irene, ons het daar haar 60ste verjaarsdag gevier.


Verjaarsdagkoek




Al die lekker eetgoed




'n Bord met fotos van Anna-marie


Boetie, sussie en skoonfamilie




Pragtige foto van Ma en dogter




Anna-marie groet hier vir Naan van Zyl, agter sit Anna Wessels en Hettie Nel




Johan en Anna-marie met die heildronk





Ouma Hettie en Johan




Ouma Hettie en Anna-marie





Ouma Hettie en Fransisca, sy het in Daan se plek gegaan, want hy en Barend het gaan kyk hoe verloor die Springbokke





Marthie, Doll, Sanet, Marinda en Elsa




Hetta, Anna-marie en Clara




Hetta

















Thursday, August 19, 2010

Segarona

Dian het by Laerskool Kenmare ingekom vir die Graad Een klas om deel te neem aan die Segarona die jaar, hy het "SO BIG" opgese en 'n A+ gekry.






Plaas Jagfontein

Tydens die Sokker het die Lugmag basis by die toring op die plaas 'n tydelike kamp opgeslaan, ons het dit besoek en hier is 'n paar fotos. Hierdie is die kamp waar hulle gebly het.



Hierdie is die middelpunt van die kamp waar hulle vuurgemaak het, hulle se dit was vrek koud op die berg





Ryno, Dian en Hanu - hulle was saam en het bietjie alles beskou

Ouma Hettie, Ryno, Dian en Hanu




Hierdie gedeelte was hulle lesingkamer asook die TV kamer.



Die stort






Die Eetkamer




Alles was so interessant gewees, ons was tot binne in die mobile eenheid waar hulle alles vir ons verduidelik het.
Op die foto is Magda, Ryno, Dian en Hanu









Ouma Hettie met die drie seuntjies voor die toring se ingang, hulle gaan nou die stuk grond vergroot













Saturday, June 12, 2010

Val van die kombuiskas

Wil net vir jou wys hoe het ek gelyk na die val, dit lyk nou al baie beter, is nog seer bokant die oog bank, die dokter het gedink ek moes gaan vir 'n operasie, maar gelukkig was dit toe nie nodig nie, maar dit is maar b.............. seer.



Friday, March 26, 2010

Daan se Klub 51 (Ou Mutual) funksie by Sulla Via

Daan met hulle Klub 51 funksie, hy haat die goue band om die nek, Ryno se hy lyk soos die Burgemeester, maar hulle moet dit aansit en dan by die funksie, parade hulle in, hy het nog nie eers van die verhoog afgeloop nie dan haal hy dit al van sy nek af.


Daan en Clara



Ouma Hettie en Clara, sy was ook deel van die foto sessie



Daan en Ouma Hettie







Hettie Kock en Chris Nel se troue

Chris Nel en Hettie Kock



Daan, Ouma Hettie en Clara, Ryno het ons voor die troue by die huis afgeneem




Ryno en Ouma Hettie






Ouma Hettie se 86ste verjaarsdag

Ouma Hettie, sy was die dame van die dag. Sy het so mooi gelyk met die pers aan.


Ouma Hettie en Clara




Nico Redelinghuys en sy twee meisies, Nicole en Michelle



Strydom gesin van Fochville.


Riana, Hansie, Johan en Jessica





Cindy, Ouma Hettie en Nico
Nico het weer vir ons musiek gemaak en die mooiste liedjie vir sy Ouma gespeel op haar verjaarsdag. (sal nog vir jou die naam uitvind - dit was baie mooi)





Ouma Hettie en Tannie Lucy





Stoffel en Elsje Snyman, Ouma Hettie en Hettie Nel (Kock)






Jimmy en Herman, Tannie Chrissie Bloem (ouma se niggie) se skoonseun en seun






Danie en Alida Brits saam met Ouma Hettie
Hulle was ook genooi om haar verjaarsdag te kom bywoon, hulle het dit vreeslik geniet en wil nou elke jaar die familiedag kom bywoon.






Ouma Hettie en Tannie Chrissie Bloem, sy het spesiaal vanaf Piotgietersrus met die bus gekom om Ouma se verjaarsdag by te woon.