Sunday, May 31, 2009

Leandra Verjaar - 30 Mei 2009

Hier is 'n paar fotos, van Leandra se verjaarsdag, Karin en Willie het kom kuier, ons het "snacks" gemaak en Andre het vir ons heerlike Koolsop met broodjies gemaak. (Dit is koud in Gauteng)




































Friday, May 29, 2009

Annatjie Verjaar

Ek wou nog byskryf, toe druk ek die verkeerde knoppie.
Verbeel jou maar ek en Ma en Sibs, vat jou vandag Wimpy toe vir jou verjaarsdag,

Annatjie Verjaar







Friday, May 22, 2009

Elize Jacobs verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag hoop Barry en die kinders bederf jou vandag en die hele naweek, en dat jy 'n goeie jaar sal hê, ons gebed vir jou is liefde, vreugde, vrede en geluk. Sy is hier saam met haar kleinkind. Love u



Tuesday, May 19, 2009

Ryno Koor Optrede

Hierdie was Ryno hulle se skoolkoor met die Super 12 Kore in Pretoria - hulle was derde, daar was ses skole. Ryno is heel bo regs van die koorleidster.



Ek wou vir julle 'n video clip opgesit het van, die Segarona waaraan hy vandag deelgeneem het, hy het baie goeie kommentaar gekry, die beoordelaar se hy moet net meer met sy gesig wys, maar dit vat te lank om dit te laai.

Wednesday, May 13, 2009

Sunday, May 10, 2009

Moedersdag - 10 Mei 2009

Hier is 'n paar fotos van die dag saam met Ouma Hettie, sy is baie spesiaal en dit is vir ons 'n voorreg om haar nog by ons te kan he, ek hoop sy het haar dag baie geniet. Geniet die fotos























Saturday, May 9, 2009

Smantha Yssel Verjaar

Sammy, tweede van links verjaar vandag, baie geluk met jou verjaarsdag, hoop jy het 'n baie lekker dag en 'n mooi jaar wat voorle en dat al jou drome sal waar word.
Sammy is hier saam met haar boetie en twee niggies aan die kante.

Tuesday, May 5, 2009

Hennie de Clerk Verjaar

Hennie, baie geluk met jou verjaarsdag , hoop Marie gaan jou die hele dag lekker bederf en 'n mooi jaar vir jou, Marie die kinders en kleinkinders.

Willem Agenbach Verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, mag Liewe Jesus jou nog lank spaar vir almal van ons, geniet jou dag, en 'n mooi jaar vir jou (jy het net nie so lekker hemp aan nie, maar ons sal dit maar so laat)




Friday, May 1, 2009

Pieter en Annatjie

Suster dit lyk vir my julle moet maar terugkom Suid Afrika toe - Ek is bly om te sien dit gaan beter met die arm en jy doen die oefeninge. Pieter vir jou sterkte met die knie, ons het nie eens geweet jy word geopereer nie, nou moet die kinders maar in spring en help.




Leandra

Lyk Leandra nie mooi met haar kort hare nie?




Ryno wou glad nie gehad sy ma moet haar hare sny nie, maar hy het darem herken sy lyk baie mooi.




Leeu advertensie

Vir al die Blou Bulle (New Seelanders) dit is darem maar 'n mooi advertensie hierdie vir die Leeu's ( Mooi karavaan, mooi bakkie en 'n mooi trui) of wat se ek???????






Koppisol - SA Karavaan Rally

Die naweek (3 dae) het so gou verby gegaan hier is ons alweer oppad terug - Maandag 27 April, soos julle kan sien was ons 4 karavane, dit lyk maar net mooi. Ek het die foto geneem uit Daan se bakkie terwyl ons almal gedraai het.




Hier is ons die Vrydag oppad - op die agtergrond sien julle nog ons huis - ons het gewag vir die ander mense van Rustenburg af, wat agter ons gery het.





Hanu - hy wou kyk of hy sterk genoeg is om die karavaan se "stands" af te draai.


Dian - hy het hom die naweek vermaak met wasgoedpennetjies - dit was nogal koud daar en die wind het vreeslik gewaai.




Hanu - dit was die oggend voor ons gery het, hy was nog in sy nagklere.


Ons het saam met Fred, Marelize, Nicole en Janine gekamp, dit was baie lekker .

Dian - hy is altyd voor die TV en reg om te gaan slaap




Ryno en Janine, hier geniet ons lekker braaivleis - Vrydag aand, hulle het die hele naweek saam "gejol"



Soos julle kan sien ons het redelik op mekaar gestaan. Koppisol het stands vir 100 karavane ons 355 karavane, bietjie gesukkel met die krag maar verder was dit lekker.