Friday, May 1, 2009

Koppisol - SA Karavaan Rally

Die naweek (3 dae) het so gou verby gegaan hier is ons alweer oppad terug - Maandag 27 April, soos julle kan sien was ons 4 karavane, dit lyk maar net mooi. Ek het die foto geneem uit Daan se bakkie terwyl ons almal gedraai het.




Hier is ons die Vrydag oppad - op die agtergrond sien julle nog ons huis - ons het gewag vir die ander mense van Rustenburg af, wat agter ons gery het.





Hanu - hy wou kyk of hy sterk genoeg is om die karavaan se "stands" af te draai.


Dian - hy het hom die naweek vermaak met wasgoedpennetjies - dit was nogal koud daar en die wind het vreeslik gewaai.




Hanu - dit was die oggend voor ons gery het, hy was nog in sy nagklere.


Ons het saam met Fred, Marelize, Nicole en Janine gekamp, dit was baie lekker .

Dian - hy is altyd voor die TV en reg om te gaan slaap




Ryno en Janine, hier geniet ons lekker braaivleis - Vrydag aand, hulle het die hele naweek saam "gejol"



Soos julle kan sien ons het redelik op mekaar gestaan. Koppisol het stands vir 100 karavane ons 355 karavane, bietjie gesukkel met die krag maar verder was dit lekker.




No comments:

Post a Comment