Tuesday, November 10, 2009

Strydomdag - 7 November 2009

Dit het vreeslik gereën, tot die "trampoline" was onder water.




Louisa en Pietie Roets, Elize Jacobs, die meisie agter is Hanu (van Francois) se vrou. (moet nog die name leer). Hy is Juniemaand met haar getrou en bly in Vryburg.
Die dogters agter is een Louisa se dogter en die ander een Francois se dogter. (Dit is vreeslik, kan nie die name onthou nie)


Die Wentzel familie, terwyl die toespraak gemaak is.


Elize met haar twee kleinkinders, oudste een Tiaan (2 jaar) en Gerrit




Hanu en Erna Strydom




Francois en George wil darem net so bietjie spog met "hulle" banner nadat hulle eers gestry het.




Hier moes Francois net keer, want George wil die banner opsny, niks wetende dat wat se banner dit eintlik is nie. (lekker aan die stry - toe moes hy darem eers vir George wys wat dit werklik is - my eintlik geroep om die foto te kom neem.)




Tannie Clara en Tannie Rina, hulle het so verdwaal en dit het vreeslik gereën - so hulle het nie te lank gekuier nie.




Ouma Hettie




Tannie Margot - sy het 'n boek geskryf en die boek verskyn volgende jaar op die rakke - Titel: My naam is Mara - dit gaan oor die tyd in die konsentrasiekamp en Mara is haar ma se naam.




Oom Faan - hy sê hy mis nooit weer 'n Strydomdag nie, hy het dit vreeslik geniet. (Ons het toe lekker verlang en daar was 'n groot gemis).



No comments:

Post a Comment