Tuesday, December 8, 2009

Koekies Bak

Ek en Ouma Hettie, Dian en Hanu het vandag bietjie begin om koekies te bak, hier sit die twee heerlik en smul aan die koekies, hulle het al vandag omtrent hettiekoekies ge-eet, het baie lanklaas daarvan gekry.




Ouma Hettie hard aan die uitrol en uitdruk. Sy is maar 'n staatmaker met die koekies, dit is defnitief haar "speciality"





Saturday, December 5, 2009

Odelia Verjaar

Baie, baie geluk met jou verjaarsdag, hoop jy gaan 'n baie mooi jaar he, en dat jy volgende jaar in die skool net so mooi gaan leer soos die jaar wat verby is, geniet jou partytjie, en se vir Mamma en Pappa hulle moet jou baie bederf en julle moet lekker speel met die nuwe niggie.
Baie lief vir jou. Ouma Hettie stuur ook groete en geluk met jou verjaarsdag, jy word nou 'n groot meisie.





Wednesday, December 2, 2009

Pieter Verjaar

Baie geluk, Swaer met die verjaarsdag, ons het hierdie foto gekies sodat jy 'n gelukwensing op jou moet drink van ons af. Ons gebede vir jou is goeie gesondheid, vreugde, vrede, geluk en baie liefde. Hoop jy het 'n stunning dag!!!!