Thursday, July 30, 2009

Daan Verjaar

Ek en Ouma Hettie het die hele middag eetgoed gemaak,
dit was net ons gesin.
Dian en Hanu kon nie meer wag dat oupa die kersies moes blaas en ons moes ook gesing het.





Daan en Ouma Hettie




Ryno het vir Oupa 'n 5 en 'n 7 met kersies op die koek gesit,
wat hy moes dood geblaas het.




Wednesday, July 29, 2009

Andre Blaauw Verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, hoop jy gaan 'n wonderlike verjarsdag het, ons gebed vir jou is vrede, vreugde, geluk en voorspoed vir die jaar wat voorlê.



Friday, July 24, 2009

Suane

Oppad terug vanaf die plaas het Suane ons vermaak, kyk die panty op haar kop. Sy is te oulik.



Besoek die plaas

Ons het 'n besoek ook aan die plaas gebring, Ouma Hettie en Tannie Magda du Preez.
Ons het ook vir Katy daar raak geloop, sy was baie bly,
sy het net vir my en Magda vertel hoe dik het ons geword.




Na die roof op Chota in die winkel op die plaas, is sy sussie Lilliben nou daar om hom te help, Chota moet gaan vir 'n hart operasie maar hy is te bang.






Koue in SA

Dit was laasnag baie koud hier by ons -3 grade, dit is die eerste keer wat die spuitfontein se water ys, kyk hoe mooi lyk dit.








Besoek aan Tannie Lucy

Ek , Magda, Ouma Hettie en Suane het Dinsdag,
21 Julie bietjie vir Tannie Lucy gaan kuier,
hier is 'n paar fotos van die oggend.



Die mussie wat Tannie Lucy op het, was oom Fanie s'n,
sy se haar ore het vreeslik koud gekry.









Friday, July 10, 2009

JOHAN VENTER VERJAAR

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG, HOOP DAAR GAAN NOG BAIE MOOI JARE WEES, GENIET VIR KATELYN EN ONS HOOP JY WORD VANDAG BAIE BEDERF.



Saturday, July 4, 2009

George se verjaarsdag ete

Hier is 'n paar foto's van die verjaarsdag-ete by die Centre Star Restaurant by Silverstar Casino.
Amanda het 'n toespraak op haar pa gemaak.
George demonstreer sy kierie wat hy by
Willie en Daleen gekry het.

Ouma, sy was so op haar beste, gesels soos sy lanklaas gedoen het.



Wentzel -tafel





Strydom-tafel
Die baba wat Evette vashou is Amanda se seuntjie (Tian)



Leon, Theresa met Suane, Nas en Pieter-Nel.






Riaan en Sue - hy het die tafel gebed gedoen,
was daar met sy rolstoel en krukke, maar hy lyk goed.


Nog 'n Strydom-tafel




Friday, July 3, 2009

George verjaar

Jorrie, baie geluk, hoop jy gaan vanaand saam met jou familie en vriende geniet, jy is baie spesiaal vir ons, bid vir jou, gesondheid, vrede, vreugde en geluk toe vir jou nuwe lewevens jaar.


Maartin van der Merwe verjaar

Baie geluk aan Maartin met sy geboortedag, mag jy nog lank vir jou familie en vriende gespaar word, met goeie gesondheid, vreugde, vrede en geluk.

Hettie Koekies gebak

Ek, Tieka en die twee seuns het Woensdag lekker Hettie koekies gebak. Hierdie was die eindproduk, maar nie al nie, want sy het haar blik al gevat. Ek het so skuldig gevoel, die twee seuns het by my gekuier en Hanu het toe in die koekblik op twee Hettie-koekies afgekom, dadelik wou hy koffie en koekies he, toe Dian dit sien wou hy ook het en daar was niks, toe besluit ek, ons moet bietjie begin bak.

Ons moes spesiaal vir die seuns vormpies maak, die mannetjie koekies is nie by nie




Tieka het Woensdag besef dat koekies bak nie speletjies is nie.


Al moet ek dit self se ons het baie gebak en dit is nogal lekker, en nou eet al die Harmse's lekker saam




Die twee seuns het ook gehelp
Hanu is hier hard besig met sy pannetjie


Ook Dian is baie besig met sy pannetjie.