Thursday, April 23, 2009

Nassie verjaar

Baie geluk Nas met jou verjaarsdag, hoop jy het 'n wonderlike jaar voor en dat jy jou dag geniet het, geniet vir Tian, en hoop julle kom gou kuier, Lekker verjaar.

Wednesday, April 22, 2009

Sebil van der Merwe verjaar

Sibs, baie, baie geluk met jou verjaarsdag, ek wens so jy was vandag hier, dat ons jou 'n drukkie kon gee vir jou verjaarsdag, maar weet dat ons aan jou dink. He 'n baie lekker dag en ons hoop Johan en die res van die familie het jou lekker bederf. Ons hoop Liewe Jesus gaan jou nog lank vir ons almal spaar en dat al jou drome waar sal word. Love u lots en verlang baaaaaaiiiiiiieeee.


Kobus Strydom Verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, hoop jy het 'n baie mooi jaar vol vreugde liefde en geluk en dat die gesondheid baie beter sal word, geniet julle tyd in Margate



Tuesday, April 21, 2009

Pieter Jordaan Verjaar

Pieter, baie geluk met jou verjaarsdag, hoop daar gaan nog baie wees, geniet die dag en die jaar wat voorle.



Monday, April 20, 2009

Petro Harmse Verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, mag die Here jou nog lank spaar vir ons as jou vriende en vir jou familie, ons moet weer bietjie kuier, ek mis al die lekker gesels.

Sunday, April 19, 2009

Herv Kerk Sionspoort - Bejaarde Ete

Stoffel en Elsje Snyman het vir ons gedans by die bejaarde ete, hulle het 'n CD gewen van Lynn Bootha, hulle mag maar dans.



Ouma Hettie


Alweer twee Hesters bymekaar. Ouma Hettie en Hettie Kock.


Die NHSV het baie lekker kos gemaak, ek dink die bejaardes het dit baie geniet.





Friday, April 17, 2009

Francois Strydom (Jnr.) is gebore


Baie geluk aan Japie en Sune met die geboorte van hul seuntjie,en weet dat hy vir julle baie vreugde gaan bring, ons is baie bly alles het goed verloop. Ouma Hettie se ook baie geluk.

Thursday, April 16, 2009

Miems Kruger verjaar

Miems, baie baie geluk met jou verjaarsdag, ek hoop dit gaan vir jou 'n mooi jaar wees, vol vreugde, geluk en gesondheid. Wanneer kom jy bietjie kuier, ons verlang baie.

Saturday, April 11, 2009

Kuier by Tannie Clara 10 April 2009

Clara, Ouma Hettie en Ryno het vir Tannie Clara Sam gaan kuier vir haar verjaarsdag op 12 April 2009. Ons het baie lekker gekuier en geeet.
Tannie Clara Sam word op 12 April, 83 jaar oud. Baie geluk, ons hoop Liewe Jesus spaar haar nog lank vir ons as haar familie, gesondheid, vreugde, vrede en geluk word haar toegebid. Ons is baie lief vir haar.





Ouma Hettie en Tannie Clara, hulle het so lekker gesels, en veral oor die ou dae.



Ouma Hettie Strydom


Die drie Clara's.
Agter: Clara Diepraam
Voor: Tannie Clara Sam en Clara Harmse


Tannie Rina, vir haar wil ons se baie dankie vir alles wat sy vir Tannie Clara doen, sy is 'n regte steunpilaar, sy was in Februarie 88 jaar oud.
Sy is ook lief vir diere, kyk die honde by haar.




Ryno, was mal oor al die diere, hy het net afgeneem, hierdie is een van hulle vele katte.


Thursday, April 9, 2009

Joanne Nortje verjaar - 10 April 2009

Joanne verjaar en dan word daar groot "party" gehou in New Zealand, want sy word twee. Baie geluk ons hoop jy gaan lekker verjaar en lekker partytjie hou, ons hoop ook dat jy lank vir mamma-hulle gespaar sal word, alles wat mooi is vir jou, en vir al die New Zealanders. Ek sit dit vroegtydig op want ek wil he as jy wakker word moet jy sien ons dink aan jou Liefde.



Daan - Hospitaal

Daan is vanoggend geopereer in Krugersdorp Privaat Hospitaal, hulle het sy galblaas en galsteen verwyder. Dit gaan darem beter. Sterkte en beterskap word hom toegebid.
Hier het hy al sy operasiejassie aan reg vir die operasie, dit was vanoggend net na 7 uur.



Hier voltooi hy die vorms in die saal.




Tuesday, April 7, 2009

Breggie Smook Verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag, hoop jy het 'n wonderlike jaar, vol vreugde, vrede geluk en voorspoed. Geniet jou dag. Ons verlang, wanneer kom jy bietjie kuier. Liefde.

Monday, April 6, 2009

Gerrie Hayward verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag. Baie geluk, vreugde en vrede word jou toegebid vir die toekoms. Ons hoop jy sal nog lank gespaar bly vir jou gesin en ons as jou familie. Geniet die dag en die jaar wat voorle. Love u lots.





Sunday, April 5, 2009

Ou Mutual Funksie - 4 April 2009

Ou Mutual, Krugersdorp Tak, het op 4 April hul jaarlikse prysuitdeling by die Silverstar Casino buite Krugersdorp gehad, dit was 'n baie lekker aand, ons het dit baie geniet.
Clara Harmse




Daan Harmse






Hier is ek, op die agtergrond is die spuitfonteine, dit was baie pragtig en kleurvol. Ons het "pre-drinks" op die dek gehad voordat die funksie begin het.



Daan by die spuitfonteine


Clara en Barbara Fourie, sy werk by Ou Mutual in Randfontein in die Admin, sy het 'n trein toer gewen vir die beste Admin beampte in die streek. Baie geluk Barbara




Die tafels en die dekor was baie pragtig, om nie te praat van die kos.