Sunday, March 29, 2009

Baba Hoffman

Baie geluk aan Amanda en Nas met die geboorte van hul seun, geniet hom en ons hoop hy gaan vir julle net soveel vreugde gee soos die ander twee.

Saturday, March 28, 2009

Nellie Fourie verjaar

Baie geluk met Tannie se verjaarsdag, hoop die dag en die jaar wat voorle gaan baie geseend en voorspoedig wees. Geniet die dag. Liefde

Friday, March 27, 2009

Pieter Engelbrecht verjaar vandag

Baie geluk met jou verjaarsdag, hoop dit gaan 'n wonderlike jaar wees. Hoop al jou drome word waar en dat die familie jou vandag lekker gaan bederf.


Regs is Pieter saam met sy vrou Sonja en hulle seun Neels staan.


Thursday, March 26, 2009

Tannie Miemie Marx verjaar vandag

Tannie Miemie Marx verjaar vandag. Baie geluk met die verjaarsdag, hoop dit is 'n geseende en n baie mooi jaar, vol vreugde, vrede, geluk en gesondheid, Geniet die dag by die kinders. Lief vir tannie.

Wednesday, March 25, 2009

Sebil vertrek OOK van dag, dit is 'n hartseer dag

Sebies, baie, baie dankie vir jou kuier, ons het jou baie geniet en lekker gekuier met jou, spaar nou die geld en kom volgende jaar weer, Julle moet lekker bly daar ver en weet dat ons julle baie gaan mis en baie baie verlang.





Johan het ook vandag vertrek terug na New Zealand

Baie dankie vir die kuier, hoop jou Ma-hulle het lekker met jou gekuier, kom gou weer, kyk mooi na Sebil, Love u all.




Annatjie en Pieter vetrek

Baie dankie vir julle kuier, ons het dit baie geniet, hoop julle kom gou weer kuier. Die groetery is nooi lekker nie. Pas julle mooi op. Onthou die arm moet nog rus so Pieter moet maar mooi help. Love u all



Lu verjaar

Baie geluk met jou verjaarsdag, hoop jy het 'n baie mooi jaar vol vreugde, vrede, geluk en voorspoed en nog baie kleinkinders. Lief vir jou


Tuesday, March 17, 2009

Rienie Strydom verjaar

Rienie, (is die Admin Beampte by ons Kerk - Sionspoort Herv Kerk), baie geluk met jou verjaarsdag, ons hoop Hendrik bederf jou baie vandag en moenie te hard werk nie. Ons hoop alles wat mooi en goed is vir jou vir die jaar wat voorle.





Mariana Day Verjaar

Mariana baie geluk met jou verjaarsdag, ons hoop jy word lekker bederf deur jou twee meisiekinders, bly altyd so 'n mooi mens, hope vreugde, vrede en geluk word jou toe gewens



Monday, March 16, 2009

Uhann verjaar vandag

Baie geluk met jou verjaarsdag, hoop jy het 'n wonderlike jaar vol vreugde, vrede en geluk.
Ek hoop volgende jaar het ons 'n foto van jouself, maar jy gee seker nie om, om saam met jou sussie en twee niggies te verskyn nie. Lekker dag


Sunday, March 15, 2009

Harmse Gesin

Agter : Fransisca Keyser, Barend Keyser, Leandra Harmse, Ryno Harmse
Voor: Dian Keyser, Daan Harmse, Clara Harmse, Hanu Keyser
Foto is geneem op die familiedag 14 Maart 2009



Van der Merwe familiedag 14 Maart 2009

Die "Bucci" kompetisie was gewen deur Annatjie en George Verster. Hier oorhandig Francois Strydom die trofee.
"Bucci" Kompetisie Wenners 2009





Die finaal van die "Bucci" Kompetisie, tussen Barend en Fransisca Keyser en Annatjie en George Verster.


Ouma Hettie Strydom, sy was Vrydag 13 Maart 85 jaar oud, ons was bly om weer 'n familiedag saam met haar te kon deurbring
Dian Keyser geniet hom op die trampoline


Hanu Keyser op die "Marry-go-round"


Daan Harmse

Saturday, March 14, 2009

Piet Venter Verjaar

Piet, baie geluk met jou verjaarsdag, mag die Here jou nog lank vir jou gesin en vir ons as vriende spaar, vreugde, vrede, geluk, goeie gesondheid word jou toegewens vir die jare vorentoe. Ek hoop volgende jaar het ons 'n foto om op te sit.

Friday, March 13, 2009

Geor Hoffman verjaar

Baie geluk Geor, ons hoop jy het 'n lekker dag en dat jy baie bederf gaan word vandag, 'n mooi jaar vir jou , geniet die skool en ook die nuwe boetie wat een van die dae daar is.

Lina Nel verjaar vanadag

Lina, baie geluk met jou verjaarsdag, hoop jy het 'n baie lekker dag en geniet nog die werk, mooi jaar vir jou,

Gert (Wietie) Brits verjaar

Wietie verjaar ook vandag, baie geluk , ek hoop volgende jaar het ons 'n foto om op die blog te sit geniet jou dag

Ouma Hettie word vandag 85

Baie geluk met die verjaarsdag Ouma Hettie, dit is 'n wonderlik voorreg om 'n Ma, Ouma en Oumagrootjie by ons te kan he, Mag die Here Ouma nog lank spaar en vir Ouma styf in Sy arms omhels en vashou, goeie gesondheid en alles wat mooi en goed is en weet dat ons vir Ouma lief is en vir Ouma omgee. Onthou die winter le voor en ons wag vir ons slaapsokkies waarmee ons altyd bederf word. Met baie liefde van die Harmse Familie




Wednesday, March 11, 2009

Mike de Jager verjaar ook vandag, baie geluk en geniet jou dag.

Karin Verjaar

Karin baie geluk met jou verjaarsdag, mag die Here jou nog lank spaar . Geniet jou dag. (Ek hoop volgende jaar het ek 'n ander foto, maar jy gee seker nie om, om saam met jou boetie te wees nie). Liefde.



Wednesday, March 4, 2009

Besoek aan Tandarts

Ek het vandag vir Sebil tandarts toe geneem. Na 'n uur se op en af geryery het ons met die hulp van Annatjie oor die foon uiteindelik daar aan gekom.



Hier wag Sebil in die spreekkamers.



Hier wag ons vir die Tandarts.



Hier wag Sebil vir die uitslag van haar x-stale van haar tande.



Monday, March 2, 2009

Verjaardag

Fransisca (Tieka) verjaar vandag. Baie geluk 'n mooi jaar word jou toegewens, baie liefde vreugde vrede en Gods rykste seen. Baie lief vir jou.